die lig en hoe dit om jou vou Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2024
Lyrics
Woordsmid al die letters in my dolk
Ek weet wat ek wil sê maar my woorde kom te kort
Ryg dit om my nek
Dis 'n storie
Dis 'n sport
'n Gedig vir jou, blommekind
Ek dra jou oral met my rond
Uiteindelik praat ons hardop
Soos die eerste keer vannaand
Ek hou jou vas maar ek weet ek moet laat gaan
Weet ek moet laat gaan
Standvastig, maar my voete is van klei
Dis my beurt
Dis my skuif
Dis 'n stalemate
Ek voel jou liefde deesdae later in die aande
Ilusie van veiligheid geskep
En ons klere word net swaarder
Uiteindelik praat ons hardop
Soos die eerste keer vannaand
Ek hou jou vas maar ek weet ek moet laat gaan
Weet ek moet laat gaan
Uiteindelik praat ons hardop
Soos die eerste keer vannaand
Birdie in my hande in ek weet ek moet laat gaan
Ek weet ek moet laat gaan