religion is moeilik Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2023
Lyrics
Ek't 'n epiphany gistraand gehad
Ek't in die dam geswem en God het neergedaal om met my te praat
'Hy is hier' het deur my kop weergalm
Verlaat jou ligaam
Los al jou vriende agter
En vir 'n splitsekond in die sterrenag het ek doodgegaan
Als was rustig
Als was kalm
Dit was pragtig
Losbandigheid neem oor
Ek't my verstand totaal verloor
En ek weet Hy's hier
Maar net te vêr om my gebede te kan hoor
Jy sê jy's nie bang om te verdwyn nie
Maar ek kan nie maak asof die angs my nooit beet kry nie
Waar is die liefde
As onsekerheid strafbaar is met die dood?
En my mense
Moet wegkruip vir hulself uit vrees vir jou woord
Jy sê jy voel hom hier vannaand
Maar deesdae voel ek asof ek net op mysself kan staatmaak
Losbandigheid neem oor
Ek't my verstand totaal verloor
En ek weet Hy's hier
Maar net te vêr om my gebede te kan hoor
Losbandigheid neem oor
Ek't my verstand totaal verloor
En ek weet Hy's hier
Maar net te vêr om my gebede te kan hoor