
Wêreldwyd ft. Riku Lätti Lyrics
- Genre:Alternative
- Year of Release:2023
Lyrics
Wat is daar
Wat is daar te doen
Ek hoor jou fluister
Ek hoor die klank van jou skoen
Jy ken my
Ken my al te goed
Jy wil verdoesel
Maar ons deel dieselfde bloed
Maar fokkol anders
Troebel die branders
Ons praat al lank nie meer
Ons haat mekaar te veel
Maar die dag sal kom
Waar ons hierdie ding oorwin
Waar ons verander
Ons lê ons wapens neer
Kyk maar rond
Almal is soos ons
Wil 'n huis en
Almal kos in die mond
Dis soveel anders
Anderkant die branders
Ons ken mekaar nie meer
Ons praat al lank nie
En ons kan wag
En miskien wag ons dalk vir ewig
Maar ons weg en voort uit hierdie sleg verlede
So klou maar vas en dan roep ek jou vaarwel
My pêl
Ek wil leef sonder haat en sonder pyn
Ek wil leef sonder kanker in my brein
Ek wil staan sonder mens wat my verwyt
Sonder spyt
Wêreldwyd
Als gelyk
Ek wil staan
Ek wil staan onder die massiewe son
En sy lig in almal om ons blom
En in jou en in my
En ons almal is gelyk
Ek wil dat wêreldwyd
N Lewe sonder spyt
En ek en jy's oukei
Wil dat wêreldwyd
Almal is gelyk
Gesonde koninkryk
En die aarde seën ons ryk
Wil dat wêreldwyd
Almal is gelyk
N Lewe sonder spyt
En ek en jy's oukei
Ek wil dat wêreldwyd
Almal is gelyk
En ek en jy's oukei
En die aarde seën ons ryk