
Buite Beheer Lyrics
- Genre:Alternative
- Year of Release:2023
Lyrics
Sy kom voor sy is buite beheer
Sy het n lang stamboom en n langer geweer
Sy het haarself so lief sy kry n knop in die keel
Sy het die groot belief dat sy niemand verveel
Sy is n kunstenaar en sy woeker daarmee
Sy het die liewe Heer om haar pinkie ek sweer
Sy het hul almal mal hulle almal 't geval
Hulle kruip daar voor haar voete en sal nou moet betaal
Sy is 'n idioot maar haar drome is groot
Sy het gewillige soldate met gewere vol lood
Sy is haar eie mens met haar eie geloof
En sy's besig om die mensdom van hul sinne te roof
Maar sit jouself bietjie in haar skoen
Miskien sal jy dieselfde doen
Vaar teen die stroom en jy sal besef
Miskien trek jy die kortste end
Jy swem nou liewer met die stroom
Jy leef die lewe in 'n droom
Sal haar nimmernooit vergeet nie
Jy weet nie hoe jy haar ooit kan los nie
Hier kom sy oor die see
Tot reg hier by jou
Sy soek die suiwerste bloed om haar diere te voed
Sy openbaar haar hart, maar dis bitterlik swart
Sy het gal gebraak oor Jan Rap en sy pêl
Hulle hou haar opgehemel nou sit hul met die hel
Sê my jy's immuun teen lyding
Want hier kom 'n tyding
Sy stel jou ter syde
Sy's al in jou weefsel
Die woorde wat jy prewel
Sy's al in die wasem
Van jou eie asem
Maar sit jouself bietjie in haar skoen
Miskien sal jy dieselfde doen
Vaar teen die stroom en jy sal besef
Miskien trek jy die kortste end
Jy swem nou liewer met die stroom
Jy leef die lewe in 'n droom
Sal haar nimmernooit vergeet nie
Jy weet nie hoe jy haar ooit kan los nie