
Rietkooinooi ft. Frazer Barry Lyrics
- Genre:Afrobeats
- Year of Release:2022
Lyrics
Ek is seker jy het hierdie al gehoor
Die gawwerment is net 'n duiwel in jou oor
Die main stream media het die plot verloor
Die libtards like die kommuniste wat jou moor
Dy kan niemand trust nie, maar jy kan my maar glo
En 'n new born nazi lees die Bybel vir jou voor
Leke predikers voer jou statistiek
Verkondig fabels soos in five G maak jou siek
En almal's teen jou as jy teenoor alles is
Die leuens verskeur die hele wêreld middeldeur
Selfs die fake nuus fake dit as hul fake nuus skree
Het die wêreld dan nou mal geword
Of gee jou kop net mee
Ek kan goed onthou hoe lekker was die dae
Ons het van niks geweet en niks het ons gepla
Mooi nooi die rietkooinooi, die rietkooi is gemaak
Die rietkooi is vir my gemaak om by haar te lê en slaap
Kommunis ou Chris, jy's 'n hopelike case
In jou two tone frokkie speel jou Koos Kombuis
En jou faceboek vriende is ook almal uitgespace
Want hul like vir Frikkie in sy sweet naïwiteit
Hy's 'n vangs vir Sarie daar op universiteit
Hy't 'n spier wit bakkie met 'n plekkie vir 'n knyp
Wat 'n gawe mamma wat tjek als werk uit oukei
Wie's jy meisie met die mooi bruin oë
Kom vertel my iets waarin ek kan glo
Kom verlos vir my van die bakleiery
Laat ons vry al sou ons vaders stry
Net sodra jy dink jy is in beheer
Wys die wêreld dat jy eintlik nog maar leer
Ek kan goed onthou hoe lekker was die dae
Ons het van niks geweet en niks het ons gepla
Mooi nooi die rietkooinooi, die rietkooi is gemaak
Die rietkooi is vir my gemaak om by haar te lê en slaap