![Koning van Droom](https://source.boomplaymusic.com/group10/M00/07/20/882d75a1cc944f9cb5dc321852efe35b_464_464.jpg)
Koning van Droom Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2023
Lyrics
Ek bou vir ons 'n geuwelhuis in die weskus
Jy maak die mooiste kruietuin
Pietersielie kappertjies en basilikruid
Dan sit ons op daai voorstoep op daai ou geelhoutbank
As ek slaap is jy altyd daar
En saam met die vaak kry ek 'n kroon
Ek's die koning van droom
Twee kinders speel daar in die tuin en sussie se ma en pa dans so mooi
Jy hou jou hande in die lug,
Glimlag breed en bloos bloedrooi
ons raak aan die slaap op daai ou geelhout bank
As ek slaap is jy altyd daar
En saam met die vaak kry ek 'n kroon
Ek's die koning van droom
Wel die wind waai jou hare grys maar my lief jy is daai rooiwyn
Waarna almal in cliché's verwys
Jy's hierdie liedjie se refrain
En ek staan ek kyk vir die weskussee langs 'n lee geelhoutbank
As ek slaap is jy altyd daar
En saam met die vaak kry ek 'n kroon
Ek's die koning van droom