Plutostraat Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2023
Lyrics
In plutostraat
Het jy weggeraak
Is jy in stukke gebreek
Klein dogtertjie alleen
Hoe het die gruwel
Homself aan jou verwoord
Kon jy, het jy begin besef
Die oom gaan my vermoor.
Pluto is 'n dwergplaneet ver weg van ons son
Pluto is ook mickey mouse se lawwe oranje hond
Maar vir jou was plutostraat
'n monster wat jou dood kom maak
Slaap my kindjie kleine courtney
Jy hoef nooit weer wakker te word nie.
In plutostraat
Woon daar 'n draak
Sy vuil lang vingers
Vir jou kom haal
Pluto is 'n dwergplaneet ver weg van ons son
Pluto is ook mickey mouse se lawwe oranje hond
Maar vir jou was plutostraat
'n monster wat jou dood kom maak
Slaap my kindjie kleine courtney
Jy hoef nooit weer wakker te word nie.