Tankwa Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2023
Lyrics
Sou jy ooit in die Tankwa land
Daar waar die vure brand
Sal jy haar kry en sy
Sy is altyd vir 'n oomblik stil
Sy is wie sy wil wees
Sy se as jy batman is
Wees wie jy is
Kyk hoe die son kyk hoe die maan
Kyk hoe die sterre in die hemel hang
Tankwa karoo in die binnekring
Is die plek wat jy kry as jy verder ry as woorde
Oor stof en wind
Vanaand kom sy huis toe, lizzie in vlamme
My hottentotsgod jou bidsprinkaan, gebore
Woestyn se kind
Betower my vreet my op
Spoeg my uit in die tankwastof
In die wintermaand van mei
Onverwags vir herfs gekry
Wat soos somer lyk
Soos lente ruik
En in die kring waar die vlamme dans
Waar jy asemhaal
Sal jy haar kry – en sy
Toor met die son gool met die maan
Skommel aan die sterre dat die hemel dans
Tankwa karoo in die binnekring
Is die plek wat jy kry as jy verder ry as woorde
Oor stof en wind
Vanaand kom sy huis toe, lizzie in vlamme
My hottentotsgod jou bidsprinkaan, gebore
Woestyn se kind
Betower my vreet my op
Spoeg my uit in die tankwastof