Buys Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2023
Lyrics
Sien hoe ek die rooi wilde hond se oor afbyt
En kyk hoe swerf ek heeltyd rond want ek kannie op een plek bly nie
Die veld is in my hart in my vlees
My siel 'n sak vol kruit en 'n jaggeweer
Sien my skiet slaan en baklei
Smokkel die hele kontrei
Aangename kennis voel my vuis
Fok jou man my van is buys – en ek is jy! – maar ek is vry
Struikrower plunderaar krygsheer noem my wat jy wil
Lees maar die briewe van die bang goewerneur ek doen wat ek wil
Kristen xhoza bossiesman
Man of vrou wat soek kom saam
My broer is swart my kinders is vry
Ek spoeg op die britse ryk
Aangename kennis voel my vuis
Fok jou man my van is buys – en ek is jy!
'N dekade lank het ek hard probeer om gewoon 'n lewe te lei
Maria laai die kinders brand af die huis te lank in die couga gebly
Al my vrouens en al my kinders kom saam
Die buysvolk wys – dis my naam
Sien my pis teen jou klip
Waarmee jy jou unie gaan bou
Aangename kennis voel my vuis
Fok jou man my van is buys – ek is jy