Hexrivier Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2023
Lyrics
Hier waar rivier en ossewa kruis
Woon die mooiste meisie in die lappieskombersvallei
En jy vra haar nou lankal om met jou te trou
Maar daars baie vryers al hou sy meeste van jou
Pluk vir haar 'n disa in ruil vir haar hand
Verloor jou lewe teen matroosberg se hang
Beroof van haar sinne van daaglikse dinge
Word sy die wind wat in die hexrivier sing
Holderstebolder in haar kop in die solder
Hande in haar hare en trane oor haar wange
Spandeer sy haar dae kranksinnige jare
Spring deur die venster want sy dog jy roep haar naam
Pluk vir haar 'n disa in ruil vir haar hand
Verloor jou lewe teen matroosberg se hang
Beroof van haar sinne van daaglikse dinge
Word sy die wind wat in die hexrivier sing
Hoor haar huil so saam met die uile
Veral as jy stil is koudkry en bietjie gewyn is
Dan krap sy haar naam teem die vensterraam
Eliza Meiring wat saam met die middernagtrein sing