
Wegholtrein Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2023
Lyrics
Ek sweef in met 'n valskerm aanmekaar geweef
Van vaal-onthou-kleur-drome in grys vergeet
Trek in my bene besef ek moet land
Op 'n trein wat jaag deur die middernag
Spring van trok tot trok om voor te kom
Om uit te vind waar ek af kan klim
Soos ek beur teen die vet druppels reen
Besef ek hierdie trein ry nerens heen nie
Nagmerries hang aan telefoonpale
Wat soos afkopshanters lyk
En een vir een haak die stoker hulle nader
Om die trein aan die weghol te kry
Wegholtrein jaag verby
Droom op droom
Deur die middel van my brein
Wegholtrein die maanlig skyn
Op die laaste perron waar ek vrede kon kry
Ek kry vier boerezombies in kompartement een
Speel texas holdem - my blind is my lewe
En ek wen al op die flop maar hulle dink ek verneuk
Lek af hulle lippe om my brein op te vreet
Ek vlug so gou ek kan maar skielik is ek lam
In die volgende trok is alles pikgiet donker
Tot die weerlig blits in die poorte van die hel
Staan die liefde van my lewe en trou my beste pel
Nagmerries hang aan telefoonpale
Wat soos afkopshanters lyk
En een vir een haak die stoker hulle nader
Om die trein aan die weghol te kry
Wegholtrein jaag verby
Droom op droom
Deur die middel van my brein
Wegholtrein die maanlig skyn
Op die laaste perron waar ek vrede kon kry
Hierdie trein is lank en ek loop my heeltyd vas
Teen slaaploos se demone, vyande en rowers
Daar's gout in my boots geraamtes in my kas
Kanker in my hoed en slange in die gras
Meteens kom die einde dis 'n afgrond en ek val
Met my valskerm vol drome maak ek vir die wal
In angs skrik ek wakker – ek sweet want ek weet
More aand voor twaalf kom haal die trein my weer
Nagmerries hang aan telefoonpale
Wat soos afkopshanters lyk
En een vir een haak die stoker hulle nader
Om die trein aan die weghol te kry
Wegholtrein jaag verby
Droom op droom
Deur die middel van my brein
Wegholtrein die maanlig skyn
Op die laaste perron waar ek vrede kon kry