Ten Minste Vir My Lyrics
- Genre:Alternative
- Year of Release:2021
Lyrics
Askies meneer sit asseblief aan die musiek
Want oor 'n uur sit ek alweer met dronkverdriet
Want haar stem is in my kop en my kop rock in 'n ander taal
Soms vergeet ek nog jy kom hier uit my sy
En soms vergeet ek soms maar jy weet dit van my
Ek het getrap in wyn en liefde my voete het nog steeds verdwaal
As ek ooit my koers verloor sal jy my weer kom haal
Want hierdie plek het my kop getoor en die mense maak my mal
Daar's 'n stukkie van die hemel in die hel hier rondom my
Ek speel kitaar as ek aan jou dink om jou uit my kop te kry
Ek wens jou als van die beste
Maar dis genoeg vir my so asseblief meneer sit harder die musiek ten minste vir my
Ten minste vir my
Askies meneer sit asseblief aan die musiek
Want sy sit vas in elke noot van hierdie lied en
Haar stem is in my kop maar ek sweer dis in 'n ander taal