Vingerverf Lyrics
- Genre:Alternative
- Year of Release:2021
Lyrics
Ek het regtig gedink ek kan nie huil nie
Maar ek's bly ek het
Die water spoel my skoon
Ons was op 'n ander boot in dieselfde see
Ek wou jou volg
Maar dit was net 'n skaduwee
Die 11de Maart en my kop het alweer verdwaal jy't my gered in jou gebede in 'n vreemde taal
Maar ek
Het jou verstaan
Met vingerverf in rooi het jy jouself vertaal ek het nie jou stem geken nie maar ek het bedaar
Ja jy
Het my verstaan
En dalk ontmoet ons in die hemel maar jy sal vir my 'n plek daar moet bewaar vir as
Ek terug wil slaan
En dalk ontmoet ons in die hemel weer die keer kry ons dalk net minder seer ek weet
My tas is swaar
En ek wou skree, jy wou praat ek het die donkerte verdien en jy't my uitkom haal ja jy
Jy het my kom haal
Ek wens jy het geweet jy't my gered hoe de hel moet ek aangaan sonder of met kan jy
Kan jy my hier kom haal
Dis heerlikheid en helder lig waar twyfel bots met my geloof
My naakte siel is oop en bloot
Ek bloei nou ook
Koue liefde en warm bloed as jy die lig in my kom soek
My naakte siel is oop en bloot
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Maak dit my groot
Ek bloei nou ook
Die 11de Maart en my kop het alweer verdwaal jy't my gered in jou gebede in 'n vreemde taal
Maar ek
Het jou verstaan
Met vingerverf in rooi het jy jouself vertaal ek het nie jou stem geken nie maar ek het bedaar
Ja jy
Het my verstaan
En dalk ontmoet ons in die hemel maar jy sal vir my 'n plek daar moet bewaar vir as
Ek terug wil slaan
En dalk ontmoet ons in die hemel weer die keer kry ons dalk net minder seer ek weet
My tas is swaar
En ek wou skree, jy wou praat ek het die donkerte verdien en jy't my uitkom haal ja jy
Jy het my kom haal
Ek wens jy het geweet jy't my gered hoe de hel moet ek aangaan sonder of met kan jy
Kan jy my hier kom haal
Soos heerlikheid en helder lig waar twyfel bots met my geloof
My naakte siel is oop en bloot
Ek bloei nou ook
Koue liefde en warm bloed as jy die lig in my kom soek
My naakte siel is oop en bloot
En ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
My wonde oop
Ek bloei nou ook
Dalk is ek dood