In U is daar Lewe Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2023
Lyrics
Al sou die vyeboom nie bot nie
En daar geen druiwe
Aan die wingerde wees nie
Sal ek jubel steeds
Sal ek juig in God my Rots
Die Here God
Hy gee vir my krag
Hy maak my voete sterk
Op hoë plekke
Laat Hy my veilig loop
U liefde is groter
U liefde is sterker
U liefde kom ontwaak my
In U is daar lewe
In U is daar lewe
Skep vir my 'n rein hart o my God
Vernuwe nou my gees
En maak my standvastig
Om nou vir U te leef
Laat my Heer
Die blydskap bly ervaar
Ek is deur U verlos
Deur U genade aanvaar
U liefde is groter
U liefde is sterker
U liefde kom ontwaak my
In U is daar lewe
U liefde is groter
U liefde is sterker
U liefde kom ontwaak my
In U is daar lewe
In U is daar lewe
In U is daar lewe
U roep ons uit die dood
U lei ons na die lig
U noem my op my naam
En dan verkwik U nou my hart
U liefde is groter
U liefde is sterker
U liefde kom ontwaak my
In U is daar lewe
U liefde is groter
U liefde is sterker
U liefde kom ontwaak my
In U is daar lewe
In U is daar lewe
In U is daar lewe