
Porselein Lyrics
- Genre:Rock
- Year of Release:2022
Lyrics
Die gesaamentlike vluisteraars, sit agter die klawerbord
Naamloos stuur hul woede uit
Vir jou sal ons nou wys dat, dit wat jy dink glad nie tel
Vrye wil is teenstand
Jy sing mos nou my liedjie daar
Ek kan self die woorde kies eks in die gesig gevat
Ons is die kinders van, komplekse agtergrond
Waansin is ons verwagting, elkeen vir homself 'n nes gekrap
Ek gaan vir my ook kry, dis mos wat almal doen
Waansin maak ons gelukkig, almal dink die ander koppe raas
Gaan julle my nou kanseleer? Tot ek my mond kan hou
Jy val my aan, waar ek hier lê, sonder angs, sonder vrees
Dit sal julle nie duld nie
Praat van sensitief wees, breekbaar net soos fokken glas
Trots is lank verlore
Jy sing mos nou my liedjie daar
Ek kan self die woorde kies - eks in die gesig gevat
Ons is die kinders van, komplekse agtergrond
Waansin is ons tradisie, elkeen vir homself 'n nes gekrap
Ek gaan vir my ook kry, dis mos wat almal doen
Waansin maak ons gelukkig, almal dink die ander koppe raas
Sien jy nou - die duime flikker op vir, jou
Dit dra geen gewig
Sien jy nou die fokkol groei reg rondom jou
Dit dra geen gewig!