
Wit lakens Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2022
Lyrics
Jou lag kaats son se drome
Duisend stom engele baljaar
Duister donker somer
Die son skyn nog 'n duisend jaar
Die maan dof al hoe vromer
Kaats die skadu van jou lyf
In die stiltes tussen woorde
Stryd om sin te maak
En ek wonder
Hoe's liefde gebore
Tussen wit lakens en soms, telkens
Ek wonder hoekom verbode
As ek binne jou verdwyn
Trippel weer oor die
Kontoere van my lyf
Maak my weer 'n somerskind dat die
Koue in my hart verdwyn
Soen my tussen wit lakens
Towerspel en oë wat blink
Maak my weer 'n somerskind
Jy asem vir 'n drenkeling
Wat spartel tussen wier en gras
Dis moeilik om jouself te vind
Die wêreld hou ons vas
Jy breek die kettings los
Jy't ego en jy't geen berou
Jy kyk vir my
My grond bly verdwyn en verdwyn
Ek struikel oor die lyne van jou lyf
Verlam, als verdwyn
Soen my wit lakens
Eks doof eks blind
Maak my weer jou somerkind
Trippel weer oor die
Kontoere van my lyf
Maak my weer 'n somerskind dat die
Koue in my hart verdwyn
Soen my tussen wit lakens
Towerspel en oë wat blink
Maak my weer 'n somerskind