
Rondrits Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2022
Lyrics
Mm my naam wat neonflits
Mm die wêreld deur te rits
Mm hande reik na my
Mm sterre bly by my
En ek wonder of jy my ook vergeet
En ek wonder of die wêreld van my weet
En ek wonder of die son vir my sal skyn
En ek wonder of die mis ooit sal verdwyn
Mm die lootjies is getrek
Mm die dood ruik teen my nek
Mm ek skreeu my asem hyg
Mm leeggetap en uitgesuig
Een ek wonder of jy my ook vergeet
En ek wonder of jy my ook vergeet
En ek wonder of die wêreld van my weet
En ek wonder of die son vir my sal skyn
En ek wonder of die mis ooit sal verdwyn
Mm as die warrelwinde waai
Mm as my aarde ophou draai
Mm my graf is sonder steen
Mm nommerloos en vreemd
En ek wonder of jy my ook vergeet
En ek wonder of die wêreld van my weet
En ek wonder of die son vir my sal skyn
En ek wonder of die mis ooit sal verdwyn