As tyd kon tik (Radio Edit) ft. Kay Kinetic Lyrics
- Genre:Hip Hop & Rap
- Year of Release:2024
Lyrics
As tyd kon tik
Net soos 'n woord aan maat verstik
Dan sou ek my lewe meet
En van nou bestaan vergeet
As tyd kon tiek soos die klop van die hart.
Wees vesieker.
'n Seer verlede pomp nog in milliliter.
Van gesonde bloed na bloed vol sonde.
Ek vervloek my tyd van lei, ja elke sekonde.
Hou my eenkant as die manne weer val.
Sit my alleen in my eie Paralelle heelal.
Laat tyd verby my tiek, my ou lewe ekke vergeet van.
Vergeet van alles as ek my lewe uitmeet per meetband.
As taal kon praat
Net soos die sin deurmekaar kon raak
Dan sou ek boeke skryf
En met niks my tyd verdryf
Sal ons vry voel as vraagtekens vrae vra?
Sou ons die antwoord het?
Sou ons weet van beter dae?
As woorde kon rymklets dan het ek self uit geskuif
My geestesgesondheid is safe en dan met niks
Of sit my tussen sterre
In 'n konstellasie alleen
Net verblyf in my eie wêreld, populasie van een
Sou ons skrik as musiek kon sing?
Die vreugde wat dit aan ons bring
Dis ons sin, om nie te sing is onsin
Jy's niks nie, niks nie
As jy niks het wat jy bemin nie
Jy's niemand, o niemand
As jy niks het om oor te sing nie
Jy's niks nie, niks nie
As jy niks het wat jy bemin nie
Want die is Minagting van bemin
Jy's niemand, o niemand
As jy niks het om oor te sing nie
Ons sing, want om nie te sing is onsin
Musiek is ons sin
En dit is awesome