Lewende Sonskyn Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2024
Lyrics
So nou
Ons is hier en
Jy is soos ek
Geseën met 'n lewe
Hoor jy
Ons is hier en
Jy is nes ek
Geseën met 'n lewe
Vat my na 'n paradys
Ver weg van die stad se grys
Met bome, strome, wildste drome waar
Alles wat jou hart begeer
Steeds kry jy dit meer en meer
Tekens dat jy is waar jy moet wees
Sien hoe die riviere swel
Na droë seisoene reën bestel
Die donker moedig sterre aan
Om uitspattig aan die skyn te gaan
So nou wees lig jy
'n ster jy
In die duister skyn jy
In jou op aarde
Skyn jy
Jou lig wies jy
Om teen die hange van 'n berg te bly
Sonlig op jou vel te kry
Die veld te groet met stok en hoed
Vloei uit my hart soos bloed
Klim tot op die hoogste krans
Om oor die aarde uit te kyk
Langs 'n vuur te sit brood te breek
Waarna my wese smeek
Miskien is dit wat lewe is
'n beurt om aan die gang te wees
Altyd amper elders is jou rus
Sit jy met 'n kop vol vrae
Wie of wat is alles daar
Hoe weet jy of jy is waar jy moet wees
Op die ou end is ons lewende sonskyn
Geseën met 'n oomblik in die wind
Op die ou end is ons lewende sonskyn
Geseën met 'n oomblik in die wind
Op die ou end is ons lewende sonskyn
'n oomblik in die wind
Op die ou end is ons
'n oomblik in die wind
So nou
Ons is hier en
Jy is soos ek
Geseën met 'n lewe
O nou
Bly by my
Ek's met jou
Deel in die lewe
Skielik maak die wêreld sin
Alles pas daar binne in
Wie is ons en wat ons is
Word deur onsself beslis
Wat jy doen word wat jy raak
Loop saam met jou soos goed en kwaad
Jou lewe is net wat jy daarvan maak
En almal weet wat liefde is
Sodra dit by die deur uit wals
Op die ou einde die kosbaarste van alles
As iemand jou wil kom vertel
Wat om met jou tyd te maak
Vind liewer daardie antwoord op jou eie
Op die ou end is ons lewende sonskyn
Geseën met 'n oomblik in die wind
Op die ou end is ons lewende sonskyn
Geseën met 'n oomblik in die wind
Op die ou end is ons
'n oomblik in die wind