Moederstad ft. Hazel Priscilla Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2024
Lyrics
Die maan kom op dis laat
Son op ons agterstoep asem uitblaas
Ek en jy dans in die huis
Op die maat van musiek wat net ons verstaan
Almal sê soos een man was 'n moeilike jaar
Ek voel amper skuldig om my mond oop te maak
Is dit nie om te prys nie
Al het ons niks om te wys nie
My lief met jou wil ek net
Dans
Langs die naat van jou ruggraat slaap
Jou in die nagte wakker maak en sê
My lief dis koud
Kan jy my dalk vashou
Dis nou jaar vyf het my twee jaar gevat
Om eerlik te kan sê ek is lief vir die Kaap
Maar daar's niks vir my nou mooier nie
My beker nog nooit voller nie
Net ek en jy en die Moeder
Stad
Elke aand in die palm van jou hand
Jou in die nagte wakker maak en sê
My lief dis laat maar sal jy met my
Dans
Langs die naat van my ruggraat slaap
My in die nagte wakker maak
En sê kan jy my dalk vashou
My lief dis koud