Kersfees Maand Lyrics
- Genre:Holiday
- Year of Release:2022
Lyrics
Hierdie was 'n wilde jaar maar jy was steeds daar
Deur dik en deur dun het jy by my gestaan
Hierdie was 'n goeie jaar soveel mooi om te onthou
Daar was sout en daar was sure maar dit was saam met jou
Wilde jaar Kersfees maand
Kersfees maand wilde jaar
Kersfees maand mooiste aand
Die liggies flikker buite maar jy bly hier binne my hart
Die Woord sê ons moet sterk wees vasberade nie bang
Want 'n Engel loop langs jou Hy is daar waar jy gaan
In 'n oomblik van vrede maak alles weer sin
En die toekoms lyk blink voor nog 'n reis het begin
Mooiste jaar Kersfees maand
Kersfees maand mooiste jaar
Kersfees maand heilige aand
Die liggies flikker buite maar jy steek die vuur in my aan
Steek die vuur in my aan
En soms moet jy kies tussen reg en verkeerd
Gaan jy sink gaan jy swem gaan jy wen
En dan moet jy leer om net weer op te staan na 'n val sal jy verder kan gaan