
Boogie Up ft. Jerome Rex Lyrics
- Genre:Hip Hop & Rap
- Year of Release:2024
Lyrics
As die B-boys spring op die vloer vanaand
En almal kapit uit
Slat 'n flair laat sy skoen daar doer beland
En die mense cover take
Met sy hande op die teel, en sy voete in die lug
As die break beginne speel, maak die boeta jou bewus
En hy breek dan elke reel, gooi die boek in jou gesig
Al die mense soek meer, en roep hulle terug
Met 'n bang bang boogie said up jumped the boogie
To the rhythm of the boogie the beat
Skut jou thang-thang boetie en trap vas, nie soetjies
Want dit is nie waar jy soek nie, dis hier
Kom, skeer jou rug net weg van die muur
Wat 'n plesier, en boogie up
My DJ se style is wilder as Mel B se hare
As hy klaar is vernietig hy LPs
Bring 'n skare tot bedaring
En beter as Cell C bring hy mense bymekaar
En sy skills dit spel vuur
Vestax of Pioneer, dit maak nie rerig saak
So Relax daar's baie meer vir ons om van te praat
Hy mix tracks so kwaai meneer
Die res kan maar gaan slaap
En kies wax, rewind dit weer
My DJ's aan die brand
Piet Pompies pluk pere, en Rex rock ryme
Gewapen met al die woelagste lyne
Ek scribble en krap, om my lyrics te skrywe
En tref jou met die flava
Die is vir die Falkos, die Mak Ones, die Potties en die Goggas
Wat mure mooi maak, anders lyk hulle net morsag
Graffiti gee jou rigting as jou lewe van 'n pos af was
Maar as jy ander styles steel moet jy los af
Die treine in, was 'n klein begin
Om die kunswerk in 'n galery te bring
Nou's dit Happy Socks en olifante
Hip hop vat nou oor van alle kante