
1619 Lyrics
- Genre:Alternative
- Year of Release:2024
Lyrics
1619
1619
1619
1619
Ek's gebore in Arwyp Hospitaal
Diep in Kempton Park Sentraal
(Kempton Park)
My ma het my afgelewer
My pa het ons kom haal
Daar's min dinge beter as
Rugby in my laerskoolsaal
Of die donderweer en somerreënval
Of rond gaan stap in Kempton Hospitaal
(Kempton Park)
Kempton Park het my soveel van die lewe geleer
Ek het 1619 op my laat tatoeëer
Teveel geglo wat hulle ons op skool wou leer
Dis so waar luister wat ek nou wil sê!
(Luister)
Vanaf ek 'n kind was
Was Kempton Park in my hart
Al is ons nou apart
Bly Kempton Park in my hart
Vanaf ek 'n kind was
Was Kempton Park in my hart
Al is ons nou apart
Bly Kempton Park in my hart
1619
1619
1619
1619
Ek glo Kempton Park sal nuwe hoogtes behaal
As die ANC goewerment
Die regte mense betaal
En al die geldgieriges uit hul posies uithaal
Ek moet nog my studielening afbetaal
Maar die kanse daarvan is maar skraal
Dat dit gebeur
Voordat die Here ons haal
Sal my verlede my toekoms bepaal?
Of sal dit soos die hele Oos-Rand verval?
Kempton Park het my soveel van die lewe geleer
Ek het 1619 op my laat tatoeëer
Teveel geglo wat hulle ons op skool wou leer
Dis so waar luister wat ek nou wil sê!
(Luister)
Vanaf ek 'n kind was
Was Kempton Park in my hart
Al is ons nou apart
Bly Kempton Park in my hart
Vanaf ek 'n kind was
Was Kempton Park in my hart
Al is ons nou apart
Bly Kempton Park in my hart
Een Ses Een Nege
Ek kort iets om na te strewe
Nou het ek rede om te lewe
So teen die muur geskrewe
Een Ses Een Nege
Sleep so saam sonder sege
Een rede
Een lewe
Nou begin my bene bewe
Nou begin ek eers vergewe
Een Ses Een Nege
Gee my 'n rede om te lewe
Een Ses Een Nege
1619
1619
1619
1619