
Kom na My toe Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2022
Lyrics
Die son wat op die grond lê brand my voete
En die wind wat deur my waai
Waai my gedagtes deurmekaar
En die kruis wat op my rug lê voel van tyd tot tyd te swaar
Maar as ek stil word kan ek luister
Hoe U dit saggies vir my fluister
U sê;
Kom na my toe
Almal wat moeg en oorlaai is
Kom na my toe
Almal wat dors na die lewe
Kom na my toe
Want ek gee rus
Want ek is die lewe
U woord wat op my mond lê soen my lippe
En U gees wat deur my vloei
Las al die sinne aan mekaar
Sodat ek deur gewone dinge U konstant sal openbaar
As my Here sal verklaar…