
Kombersie Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2022
Lyrics
Hierdie is jou kombersie
Die liedjie wat jou aan die slaap sal sing
Die wysie wat my na jou toe bring
Jou lyfie teen my bors
Jou handjie wat my vingers vashou
Elke blokkie is n oomblik
Elke stekie is n dag
Ek glimlag in die hemel waar ek
Graag vir jou sal wag
Elke kleur is 'n gedagte
Elke lasplek is n wens
Mag jy vrede hê en liefde
Ek is altyd saam met jou
In 'n kombersie toegevou
Sprei jou vlerke
Skryf jou naam
Ek is vroeg geroep
Om na Liewe Jesus toe te gaan
Sprei jou vlerke
Skryf jou naam
Eendag is ons saam