Storieman Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2024
Lyrics
Hardloop kaalvoet deur die gange
Speel rondomtalie in die voorhuis
Waar foto's op die muur op ons verklik
My kinderhuis net 'n gedagte
Van braai en bak en goed saam lag
Die goeie tuie hou my veilig vas
Vat my na 'n ander wêreld
Van nostalgie wat my kan jonk hou
Waar die lewe nog eenvoudig was
Dink terug aan Storieman
Die tonteldoos en liewe Heksie
Terug aan tombola speel
Oor die velde hol by die naweek kermis
Sal ek my voete vind in 'n wêreld wat te gou verander
'n Afrikaner kind in my geskiedenis geanker
Wanneer ek hier gevries staan alweer deur al my vrae oorweldig
Kyk ek eenvoudig net na jou
My moeder lief my rots die een's vir jou
Padreis see toe in pa se bakkie
Waar ons saam sing na Steve en Robbie
En ons as kinders vra is ons al daar
Laat aande van om die vuur sit
En pappa sing weer vir jou liefling
Die kinders speel al heel aand in die tuin
Vat my na 'n ander wêreld
Van nostalgie wat my kan jonk hou
Waar die lewe nog eenvoudig was
Dink terug aan Storieman
Die tonteldoos en liewe Heksie
Terug aan tombola speel
Oor die velde hol by die naweek kermis
Sal ek my voete vind in 'n wêreld wat te gou verander
'n Afrikaner kind in my geskiedenis geanker
Wanneer ek hier gevries staan alweer deur al my vrae oorweldig
Kyk ek eenvoudig net na jou
My moeder lief my rots die een's vir jou
Jy's die sterkste vrou wie ek ken
'n vriendun en ma die steun pillaar, vir almal wat jou in hul lewe het
Jy's my ma, daar deur dik en dun en ek sou nooit
Vir iemand beter kon vra
En die herineringe trek aan my, en ek