
Calitzdorp Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2024
Lyrics
Hier sit ek by die keller ek drink 'n wyntjie
Agter my verby ry die wyntreintjie
Later in die aand gaan ons stasie toe
Ons drink 'n lekker drankie totdat Shaun sê huistoe
Vrydag aand is lekker by die kleinste bar
Moet net nie teveel drink nie jou geld raak klaar
Later gaan ons porto toe ons drink 'n dop
Pasop net wat jy sê ander weet die hele dorp
Kallieklip jou lekker ding
Calitzdorp wat het van my geword
'n Meisie van die stad
Daar kry jy alles
Maar Calitzdorp jy is waar my hart is
Sondag middag is al die winkels toe
Ons is verveeld by die huis wat gaan ons doen?
Ons klim in die karretjie ons gaan nou ry
Niks is regtig mooier as Groenfontein
Ja mens kan sê ons drink baie wyn
Maar in die klein dorpie is daar baie tyd
En as jy te dronk raak om te ry
Moenie stres nie jy kan by The Calitz bly
Kallieklip jou lekker ding
Calitzdorp wat het van my geword
'n Meisie van die stad
Daar kry jy alles
Maar Calitzdorp jy is waar my hart is
Kallieklip jou lekker ding
Calitzdorp wat het van my geword
'n Meisie van die stad
Daar kry jy alles
Maar Calitzdorp jy is waar my hart is
Calitzdorp se stilte
'n On beskryflike rus
Die vingerde fluister
Die bergtoppe sus
Hier waar tyd vertraag
En elke oomblik tel
Calitzdorp se skoonheid
'n Storie om te vertel
Kallieklip jou lekker ding
Calitzdorp wat het van my geword
'n Meisie van die stad
Daar kry jy alles
Maar Calitzdorp jy is waar my hart is
Kallieklip jou lekker ding
Calitzdorp wat het van my geword
'n Meisie van die stad
Daar kry jy alles
Maar Calitzdorp hier is waar my hart is