Baadjie Lyrics
- Genre:Pop
- Year of Release:2024
Lyrics
Ek hoop jy weet wat sy doen
Jy was verlief na net een soen
Sy het jou in haar kloue vasgevang
Jy sê dis verby
Jy bly my vermy
Sys n dief sy will jou vir haarself kry
Onthou jy
Toe ek nog daar vir jou was
Deesdae is ek net n Las
Eks nou die ou baadjie in jou kas
Waai die winde weer vanaand
Donker wolke in jou straat
Jy trek my weer aan
Want jy weet ek is die een wat pas.
Vroeg oggend koffies
Skyn die son nou waar jy staan?
Laat aand dromers
Ek wag vir jou agter die Maan.
Kry jy koud
Dis nog kouer daar buite
Ek het vergeet
Drink jy melk of suiker
Jy sê dis verby
en jy bly my vermy
Maar ek Sal steeds in jou kop bly.
Onthou Jy
Toe ek nog daar vir jou was
Deesdae is ek net n Las
Eks nou die ou baadjie in jou kas
Waai die winde weer vanaand
Donker wolke in jou straat
Jy trek my weer aan
Want jy weet ek is die een wat pas.
Eks jou ou baadjie
Eks jou hou baadjie
Eks jou wind baadjie
Maar eks altyd
Jou huistoe baadjie