Alleen op Kersfees Lyrics
- Genre:Soul
- Year of Release:2023
Lyrics
Hoe? Hoe gaan ek nou maak?
My planne is klaar beraam
Geskenke's onder die boom gepak
Terwyl die maratak nou hang
En ek alleen daar staan
En hoop ek, hoop vir beter dae
Wanneer is dit regtig my beurt
'n Regte persoon op 'n regtig manier moet kry
Wat bestem is net vir my
En die jaar is nou nie my jaar
Die wind wat verwoesting saai
En moedeloos geskenke weg moet pak
En ek wag, ek wag nog net 'n jaar
En hoop liefde gee ons 'n kans, 'n kans
Ons is moeg van alleen op kersfees wees
Januarie was ek vol hoop
Februarie is die maand van liefde
En daar staan ek met 'n dooie roos
Herfs begin in Maart maand
En soos die blare in April
Hoop ek jy val vir Mei
Junie maand is die koue maand
Soos die skouer waarmee jy my vermy
Julie en Augustus hulle skiet vir ons gou verby
Is lente in September
So in Oktober lentegeur ek oor jou
November het jou opgewonde
Want die feestyd is amper hier
En hier sit ek alweer in Desember
Stok alleen
Wanneer is dit regtig my beurt (joh)
'n Regte persoon op 'n regtig manier moet kry
Wat bestem is net vir my
En die jaar is nou nie my jaar
Die wind wat verwoesting saai
En moedeloos geskenke weg moet pak
En ek wag, ek wag nog net 'n jaar
En hoop liefde gee ons 'n kans, 'n kans
Ons is moeg van alleen op kersfees wees sonder jou
En teleurgestellings dit kom so ongewens
En dit maak te seer
En die jaar is nou nie my jaar
Die wind wat verwoesting saai
En moedeloos geskenke weg moet pak
En ons wag, ons wag nog net 'n jaar
En hoop liefde gee ons 'n kans, 'n kans (ons 'n kans)
Ons is moeg van alleen op kersfees wees (ons is moeg)
Alleen op kersfees wees
Alleen op kersfees wees