Kopwonders Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2022
Lyrics
Die wind sal weer kom van agter
En die wind van voor, sagter
My wind warrel is
Wat is die punt van die wind?
Is dit om wakker te voel?
Ruk jou of skuif jou
Uit die lewe se gemaksone
Bly staan in die orkaan
Want die wind sal weer kom van agter
En die wind van voor, sagter
Want die wind sal weer kom van agter
En die wind van voor, sagter
So waardeer 'n windstil wonderwerk
Ek wil vaar in 'n helium hemeltuig
Ons almal is gelyk
Want my reënbeker loop oor
Maar my emmer het nog lysies
Van kopwonders en geutgevoelens
Die wind sal weer kom van agter
En die wind van voor, sagter
Want die wind sal weer kom van agter
En die wind van voor, sagter
Jy is braaf
Jy is 'n reënpyp, maar soveel meer
Jou kromelmboog
Vat die verhoog
Jy is braaf
Jy is 'n reënpyp, maar soveel meer
Jou kromelmboog
Vat die verhoog
So geut, moet nooit vergeet
Jy hou my my kop bo water
So geut, moet nooit vergeet
Jy hou my my kop bo water, water, water
Jy is braaf
Jy is 'n reënpyp, maar soveel meer
Jou kromelmboog
Vat die verhoog
Jy is braaf
Jy is 'n reënpyp, maar soveel meer
Jou kromelmboog
Vat die verhoog