Snaar Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2022
Lyrics
Besnaarde hart
Ek tokkel tussen vier vertrekke
Van smart, verlang
Liefde en avontuur
Die snaar het my gevang
'N Siklus van Seisoene
'N Kamer vir elke uur
Ontnugterende klepkloppings
Vorentoe, van te voor
Die snaar het my gevang
Die snaar het my gevang
Hoe lank moet ek hierdie gevoel verduur?
Wanneer is dit oor?
Wanneer is dit oor?
Hoe lank moet ek hierdie gevoel verduur?
Wanneer is dit oor?
Wanneer is dit oor?
Uitgeleef en kaal
Jy maal in my gedagtes
Ek is net 'n sel in die stroom
Windpomp herinneringe
Die snaar het my gevang
Van wentel om en om
Deur jou liggaam, in die droom
Die bloedbrander het my gerol
Gestolde gestalte staar my in die oë
Vloeibare houvas aan vas hou
Onderstebo gespoel
Die lewe is in gevoel
Hoe lank moet ek hierdie gevoel verduur?
Wanneer is dit oor?
Wanneer is dit oor?
Hoe lank moet ek hierdie gevoel verduur?
Wanneer is dit oor?
Wanneer is dit oor?
Die snaar het my gevang
Die snaar het my gevang