Teaterspel Lyrics
- Genre:Acoustic
- Year of Release:2022
Lyrics
Elke dag daag ek op vir die teaterspel
Van die onbekende
Die plot ingekleur met drama, humor,
Gebroke dialoog, vrese en ellende
En vreemde familiariteit in die
Verre bekende
Die interval het nie 'n vaste tyd
Op die program nie
Wie het die reëls geskryf?
Agter die verdofte gordyn van fluweel
Skuil 'n kwesbare juweel
Die verlore gehoor
Stap kaalvoet om te ervaar
Tussen dennebolle en ronde rivier klippies
Balanseer die gaping
Teen 'n rooi draaiboek lening
En kalibrasie wawiele, drukkies aan bome
Wat appelvrugbloeisels baar
Die interval het nie 'n vaste tyd
Op die program nie
Wie het die reëls geskryf?
Agter die verdofte gordyn van fluweel
Skuil 'n kwesbare juweel
En wie het die reëls geskryf?
Agter die verdofte gordyn van fluweel
Skuil 'n kwesbare juweel
Wie het die reëls geskryf?
Agter die verdofte gordyn van fluweel
Skuil 'n kwesbare juweel
Dan word ek terug geruk
Ek kan nie ontsnap van die teaterstuk
Dan word ek terug geruk
Ek kan nie ontsnap van die teaterstuk