![Alledaags ft. Janca Smit](https://source.boomplaymusic.com/group10/M00/10/18/11c226ed7814445a8affe6588725b817_464_464.jpg)
Alledaags ft. Janca Smit Lyrics
- Genre:Folk
- Year of Release:2022
Lyrics
Daar is geskiedenis
Wat nooit weer sal herhaal nie
Daar is foute
Wat ek nie meer kan maak nie
Maar dit is môre wat by my kom spook
Het ek die moed om weer van voor af te droom?
Dis die stilte wat my pla
Wanneer ek ophou met my vrae
Kan jy sien ek is verslaaf
Aan 'n voorspelbare bestaan?
Ek is net 'n alledaagse man
Op soek na iets in hierdie groter plan
Vervloek met die drang
Om terug te verlang
Ek wil net iets wees
Voordat ek doodgaan
Ek wil net iets wees
Voordat ek doodgaan
Daar's geskiedenis
Wat ek nie meer kan maak nie
Daar is asem
Wat ek nie weer kan haal nie
Maar dit is môre wat by my kom spook
Ek weet dit kom
Ek weet dit lê voor
Dis die stilte wat my pla
Wanneer ek ophou met my vrae
Kan jy sien ek is verslaaf
Aan 'n voorspelbare bestaan?
Ek is net 'n alledaagse man
Op soek na iets in hierdie groter plan
Vervloek met die drang
Om terug te verlang
Ek wil net iets wees
Voordat ek doodgaan
Ek wil net iets wees
Voordat ek doodgaan
Of is ek net 'n alledaagse kind
Op soek na iets
Soos 'n antwoord in die wind
Ek het genoeg al het ek min
Ek het meer as wat ek dink
Ek haal nog asem
Ek kan nog oor begin
Ek haal nog asem
Ek kan nog oor begin
Ek gaan slaap elke aand
Op die drumpel van gevaar
Dis die stilte wat my dra
Wanneer ek ophou met my vrae